Rugby & Bulletjierugby

Rugby

Rugby as sport, vorm ‘n belangrike opvoedingsmedium in die omvattende opvoeding van ons kinders. Laerskool Menlopark poog om gesonde menseverhoudings, spangees, sosiale interaksie en gesonde wen-verloor ingesteldheid te kweek by ons spelers.

Sportorganiseerders en afrigters is primêr verantwoordelik vir die onderskeie spanne en spelers. Deur deelname probeer ons ‘n liefde vir dié sport ontwikkel en dié seuns toe te rus met die nodige vaardighede.

Kleredrag

Rugbytruie word deur die skool aan die seuns voorsien. Swart rugbybroeke moet self aangekoop word.

Oefentye:

O/9 B-veld Di en Do 14:00-15:30
Wo 15:00-16:00
O/10 A-veld DI en Do 14:00-15;30
Wo 15:00-16:00
O/11 en oopspanne B-veld Di en DO 15:00-16:30
Wo 16:00-17:00
Eerstespan A-veld Ma en Wo 16:00-17:30
Di en Do 15:00-17:00

Kontakbesonderhede:

Mnr. Theo van Heese

sport@menlolaer.co.za

Volgende aan die gebeur:

Prestasies:

Bulletjierugby

Bulletjierugby is die skool se amptelike rugby-aktiwiteit vir Gr0, 1, en 2 (o/6, o/7 en o/8).

Waaroor gaan dit?
Doelwitte

  • Om jong spelers aan rugby bloot te stel en ‘n liefde vir die sport te kweek,
  • Om basiese rugbyvaardighede te leer en vas te lê, bv bal hantering,
  • Om kinders die geleentheid te gee om aan ‘n spansport deel te neem,
  • Om persoonlike groei en ontwikkeling aan te moedig, en
  • Om ouers te betrek by rugby, veral t.o.v afrigting.


Hoe werk dit?

Bulletjierugby is nie ‘n kontaksport nie. Velcro word op swart LO-broeke gewerk waaraan linte (‘rips’) vasgesit word. Die ‘rips’ word dan deur die ander span se spelers afgetrek (ge’rip’). ‘n Speler mag slegs ge’rip’ word as hy die bal in sy hande het. ‘n Speler mag nie bal speel as hy nie beide sy
‘rips’ aan sy broek vas het nie en moet dus die bal aan ‘n spanmaat uitgee sodra hy ge’rip’ word. 

Dit gaan nie oor wen nie – wedstryde is vriendskaplik sonder dat daar telling gehou word of ‘n wenspan aangewys word.

Oefentye:

Kwartaal 1 Elke Maandag 17:30 – 18:30
Kwartaal 2 Elke Maandag & Woensdag 17:30 – 18:30

Kontakbesonderhede:

Me. Michelle Erasmus

rugby@menlolaer.co.za

Volgende aan die gebeur:

Prestasies: