Skoolfonds

Betalings kan op die volgende wyse gedoen word

Laerskool Menlopark
ABSA Takkode 632005
Tjekrekening 540 540 020
Rekeningverwysing (Familiekode en u Van) wat op die rekening verskyn

U kan ook skoolgeld en fondsinsamelings d.m.v. die “d6 toepassing” betaal, eerder as om self die kontant of met ‘n debiet-/kredietkaart by die skool se kantoor te betaal.
Gebruik asb as verwysing die unieke kode wat u met die registrasie van die app ontvang

Aansoekvorms is by skool se kantoor beskikbaar of by me M Meyer finansies@menlolaer.co.za

Ons poog om ‘n kontantvrye omgewing te skep

2024 Skoolgeld vir Graad 1 tot 7

Volgens die SA Skolewet 84 van 1996 (SASA) mag die Beheerliggaam die skoolgeld hef en is die betaling daarvan afdwingbaar. Beide die biologiese vader en/of moeder waar van toepassing, enige voog, van elke leerling is, gesamentlik en afsonderlik, aanspreeklik vir die betaling van skoolgeld.

Ouers wat nie finansiëel in staat is om die skoolgeld te betaal nie, kan voor einde Februarie 2024 aansoek doen vir skoolgeldvrystelling (LW. Parkieland se Gr RRRR tot R-leerlinge is uitgesluit hierby). Die nodige aansoekvorms is by die rekenmeester, me M Meyer beskikbaar en sal net oorweeg word as dit volledig voltooi en die stawende bewyse daarby aangeheg is. Die voorgeskrewe wetlike reëls (SASA) sal dan gevolg word om die persentasie van vrystelling te bepaal, al dan nie.

Alle skoolgeld is vooruitbetaalbaar.

Die maandelikse paaiemente moet stiptelik voor die 7de van elke maand betaal word. Die eerste betaling moet asb reeds voor of op 7 Januarie 2024 gemaak word.

Sodra die skoolgeld agterstallig raak, sal die volle skooljaar se uitstaande rekening aan die skool se invorderaars oorhandig word, waar die ouers aanspreeklik sal wees vir alle invorderingskoste, insluitende enige ander fooie.

Skoolfonds

Betaalbaar

11 paaiemente
R 2974 per maand
  • R32 714 per jaar

NOTA: 1 Jan 2024: as die R800 registrasiegeld vir 2024 reeds in 2023 betaal is, trek die R800 van die Januarie paaiement af

2024 Skoolgeld vir Graad RRRR-Graad R

Alle skoolgeld is vooruitbetaalbaar.

Die maandelikse paaiemente moet stiptelik voor die 7de van elke maand betaal word. 
Die eerste betaling moet asb reeds voor of op 7 Januarie 2024 gemaak word.

Daar kan ongelukkig nie uitstel vir betaling vir kleuters in Parkieland en Graad R verleen word nie.

Sodra ‘n rekening agterstallig raak, sal die volle uitstaande skoolgeld soos op datum van nie-betaling, onmiddellik betaalbaar word. Indien die betaling nie geskied nie, sal die volle uitstaande bedrag oorhandig word, waar die ouers aanspreeklik sal wees vir alle invorderingskoste, insluitende enige ander fooie.

U kan gevra word om u kleuter tuis te hou totdat die agterstallige skoolgeld op datum gebring is.
U kleuter is vir ons baie belangrik, maar u sal sekerlik begrip daarvoor hê dat ons nie gratis onderwys kan verskaf nie. U betaling is noodsaaklik vir die goeie bestuur en instandhouding van die skool en om te verseker dat ons kontantvloeisituasie gesond bly. 

Skoolfonds Opsies

Registrasiegeld van R800 is vooruit betaalbaar met inskrywing en dit vorm nie deel van die jaarlikse
skoolgeld nie. Die R800 word in Januarie elke jaar op die skoolgeldrekening gehef.

Halfdag - Opsie 1

11 maande
R 3 210
00
per maand
  • 1 Jan tot 1 Nov 2024
  • R35 310 per jaar

Halfdag - Opsie 2

12 maande
R 2942
50
per maand
  • 1 Jan tot 1 Des 2024
  • R35 310 per jaar

Voldag - Opsie 1

11 maande
R 4 956
00
per maand
  • 1 Jan tot 1 Nov 2024
  • R54 516 per jaar

Voldag - Opsie 2

12 maande
R 4 543 per maand
  • 1 Jan tot 1 Des 2024
  • R54 516 per jaar