Naskole

Lekkerbly naskool

Ons hoop dat al die drome wat u vir u kind het sal waar word. Meer belangrik nog, dat hulle as gelukkige kinders sal groot word. Ons as naskool is hier om te help bou aan daai drome. So kontak ons gerus as ons kan help of om ‘n afspraak te maak om te gesels. 

Lekkerbly Naskool is op Menlopark Laerskool se terrein sentraal geleë, tussen die twee sportvelde, tennisbanne en krieketnette. Hier speel ons lekker, want daar is baie plek vir hardloop, balskop en maatjies maak.Leerders ontvang middagetes en word deur ons opgeleide personeel daagliks bygestaan met huiswerk. 

Ons is vakansies oop en sluit die laaste Vrydag voor die 16de Desember, dit gee vir ons werkende ouers die gemoedsrus dat daar tydens vakansies ook vir hulle kinders voorsiening gemaak word. Ouers wat wisselvallige skedules het, is ook welkom om van ons gebruik te maak op ‘n dag tot dag basis.

 

Ure:

13:30 – 17:30
Lekkerbly Naskool is heeljaar oop en sluit die eerste Vrydag voor die 16 Desember van elke jaar.
 

Vakansieskool Ure:

07:00 – 17:30
Vakansie skool word teen ‘n ekstra fooi aangebied om sodoende ‘n lekker vakansie program aan te beid.  
 

Fooi:

Opsie 1 : R 1375 per kind vir 11 maande vanaf 1 Januarie tot 1 November.  
 
Opsie 2 : R1760 per kind vir 11 maande en sluit ekstra opvoedkundige hulp in.  
 
Let asseblief daarop dat inskrywings wat na Februarie van die jaar geskied, Desember ook betaal. 
 
Die naskoolfooie is vooruit, voor of op die 7de van elke maand, betaalbaar.
 

Kontakbesonderhede:

Fiona Erasmus 
0655674138 

Bokkie Opvoedkundige Naskool

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om deel te wees van die Menlopark-gemeenskap.

Na aanleiding van die vrolike kinders wat in die middae by Bokkie verwelkom word, is dit sommer met die intrapslag duidelik dat elke kind graag hier wil wees! Na afloop van ‘n gesonde middagete, verdaag elke Graad na hul onderskeie klaskamers om met hul huiswerk te begin.

Elke kind se vordering is ons prioriteit en daarom fokus ons in die middae op huiswerk, hersiening asook inskerping. Ons uiters bekwame personeel help ook met toets- en eksamenvoorbereiding. Ons maak tyd vir buitespeeltyd op ons Grondslagfase- en Seniorterrein en leerders geniet ‘n middagversnapering om 15h15.

Om seker te maak dat jou kind se middagprogram seepglad verloop, het ons ‘n voltydse personeellid wat verantwoordelik is vir die koördinering van elke kind se buitemuurse aktiwitiete. Kospakkies word by die Rooshek uitgedeel vir die leerders wat direk na skool aktiwiteite het.

By Bokkie is ons fokus verseker op skool- en leerwerk maar ons maak seker dat elke kind, elke dag raakgeleef word en is bevoorreg om met ouers hande te kan neem om seker te maak dat kinders ook op emosionele vlak kan floreer. Ons fokus op gesonde waardes, kreatiwiteit en kweek ‘n liefde vir leer en lees.

Vakansieprogramme:

R 70per dag vir Bokkiemaats R 150 per dag vir besoekers

Sluit ontbyt, middagete en ‘n middagversnapering in.

Ure:

Maandag tot Vrydag: 13h30 – 17h00

Leerders word vroeg afgehaal op die dae wat die skool vroeg uitkom.

Fooie:

Graad 1: R 1700 per maand.

Graad 2 tot 7: R 1980 per maand

Dagbesoekers: R150 per dag.

Adres:
410 Anderson Straat
Menlo Park
Pretoria

Kontakbesonderhede:
Charmaine Campher (Hoof) 060 963 0576
E-posadres: hoof@bokkienaskool.co.za

Graad R Naskoolsentrum

Die graad 0 sentrum het ons eie naskoolsentrum wat apart funksioneer van die laerskool se naskoolsentrum. Dit beteken dat kleuters steeds op ons terrein bly gedurende die middae. Hier kry kleuters die geleentheid om in ʼn veilige en vriendelike omgewing vir pappa en mamma te wag. Twee bekwame onderwyseresse saam met ʼn assistent is voltyds aangestel by die naskoolsentrum.

Ure

13:00 – 17:30

Ingesluit

  • middagete
  • versnapering