Graad 4 - 7

Aflaaibare dokumente

Vakke word aangebied soos voorgeskryf deur die Gautengse Onderwysdepartement. Alle lesmateriaal word getoets aan die hand van ‘n heelbreinkriteria.

Afrikaans

Afrikaans is die taal van onderrig en word as huistaal aangebied.

Leerlinge neem jaarliks aan Afrikaanse aande deel waar hulle die geleentheid kry om kreatief met die taal om te gaan.

Engels

Engels word as ‘n addisionele taal op ‘n hoë vlak aangebied.

Leerlinge neem deel aan “English Public Speaking” en die “English Speech Festival”.

Wiskunde

Leerlinge kry die geleentheid om aan die AMESA-wiskunde kompetisie deel te neem.

Ekstra klasse word gratis aangebied.

Neem deel aan die Departementele Wiskunde Olimpiade.

Natuurwetenskap en Tegnologie (Gr 4 – 6 as een vak)

Elektroniese leer vorm ‘n integrale deel by die aanbieding van NW
Wetenskap Olimpiade

Strukture, verwerking, stelsel en beheer / Gevallestudie / Beplanning en ontwerp / Uitstallings / Besprekings / maak van produkte

Sosiale Wetenskappe

Die vak bestaan uit Geografie en Geskiedenis. Dit word deur een onderwyser aangebied. Slegs een punt vir SW sal op die leerlingverslag verskyn.

Lewensvaardighede (Lewensoriëntering in Graad 7)

Kreatiewe Kunste: Visuele kuns en Uitvoerende kunste (Musiek, Dans en Drama).
Liggaamsopvoeding
Persoonlike en Sosiale welstand (teorie)

Rekenaaropvoeding

Die skool beskik oor twee rekenaarsentrums.
Integrering met ander vakke word in die rekenaarsentrum gedoen.

Rekenaarsentrum

Die skool beskik oor twee rekenaarsentrums.
Integrering met ander vakke word vanaf Graad 4 – 7 in die rekenaarsentrum gedoen.

Robotikasentrum

Hierdie vak stel leerders in staat om die fundamentele vaardighede wat aangeleer is, toe te pas. Dit bied leerders ‘n nuwe gevoel van selfvertroue deur hulle toe te laat om goed te bou wat werklik gebruik kan word. Die Graad 4 leerders het in 2021 begin met Robotika as ekstra vak na skool.

Mediasentrum

Leerders word die geleentheid gebied om op Dinsdae en Donderdae tydens eerste pouse boeke uit te neem.