Leerder Ondersteuningsdienste

Dit is vir ons belangrik dat elke Menlo – maat sy/haar volle potensiaal op akademiese gebied sal ontwikkel en gebruik. Om te verseker dat al ons Menlo – maats hul vlerke wyd kan sprei, word die volgende leerlingondersteuning gebied:

  • Leerders ontvang algemene ondersteuning deur middel van heronderrig en remediërende onderwys (RO).
  • Leerders met meer spesifieke struikelblokke/agterstande word ondersteun deur die aanbieding van:
  • Studiemetodekursusse
  • Oorbruggingsklasse
  • Eksamenhulp
  • Ondersteunende leessentrum

Ons skool bied professionele terapeutiese dienste aan waarvan die kostes van die mediesefondse verhaalbaar is:

Arbeidsterapeut

Dalene Joubert

Arbeidsterapeut

Maréza Muller

Spraak- en taalterapeut

Coralié Vermaak

Opvoedkundige sielkundige

Almarié Jacobs

Die skoolondersteuningspan (SOS) funksioneer vanuit ‘n aanmeldingsisteem en behaal groot sukses in samewerking met die terapeute van die skool.