Graad 1 - 3
Laerskool Menlopark poog om ʼn ondersteuningsnetwerk te vestig vir die ontwikkeling van elke leerling om sodoende ʼn gelukkige en gebalanseerde kind daar te stel. Ons strewe daarna om saam met al die personeel wat met gr.1-3 leerlinge werk, ʼn omgewing te skep waar die leerlinge kan eksperimenteer, ontdek en speel-speel leer. Hier spog ons skool met een van die beste Grondslagfase-afdelings in die land met die uitnemendste onderwysers.
Ons poog om ons klassies so klein as moontlik te hou sodat soveel moontlik persoonlike aandag aan elke leerling gegee kan word. Dit impliseer:
- Remediërende onderrig
- Kwaliteitsonderrig
- Opvoedkundige uitstappies
- Toegewyde personeel
- Gereelde inligting- en oueraande
Die Grondslagfase spog met die volgende:
- Een Robotikaklas per week
- Een Mediaklas per week
- Twee liggaamlike opvoedingsperiodes per week
- Een musiekklas per week
- Een samesang periode week
- Een skaak-klas per week
Laerskool Menlopark bied ook vakke aan soos Nasionaal en deur die Gautengse Onderwys Departement voorgeskryf is:
- Wiskunde
- Afrikaans huistaal
- Lewensvaardigheid
- Engels eerste addisionele taal

Robotikaklas
Hierdie stel leerders in staat om die fundamentele vaardighede wat aangeleer is, toe te pas. Dit bied leerders ‘n nuwe gevoel van selfvertroue deur hulle toe te laat om goed te bou wat werklik gebruik kan word.
Musiekklas
Ons leerders kan hulself musikaal uitleef in ons musiekklas. Ons grondslagfase leerders maak ook lekker musiek elke week vir een periode.
Mediasentrum
Leerders besoek die mediasentrum in klasverband een keer elke tweede week, waartydens die leerders geleentheid kry om boeke uit te neem.
Skaak-klas
Ons fokus ook om ‘n liefde vir skaak te kweek by ons leerders. ‘n Gekwalifiseerde skaakafrigter leer ons leerlinge die basiese vaardighede van die spel aan. Skaak word ook ‘n belangrike grondslag vir menigte vaardighede wat op verskeie gebiede toegepas kan word.