Netbal
Netbal by Laerskool Menlopark is op sportgebied die vlagdraer van ons skool. Netbal word met passie afgerig en daardeur presteer ons spanne tot op die hoogste vlak. Op individuele vlak presteer ons speelsters verder deurdat hulle in Provinsiale spanne opgeneem word, om ook daar ons skool se naam uit te dra.
Mini-netbal
Mini-netbal word aangebied vir leerlinge van Gr. 1 tot Gr. 3. Dogters kry die geleentheid om op ‘n informele wyse blootgestel te word aan netbal.
Netballiga
Ligaspanne neem deel vanag Gr. 4 tot Gr. 7. Laerskool Menlopark lewer elke jaar bo-gemiddelde netbalprestasies waarop ons baie trots is. Spanne vaar deurlopend so goed tydens die liga, dat ons buite provinsiale grense gaan deelneem aan toernooie soos die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi, Wilde Klawertoernooi en Gauteng Kampioenskappe.

Oefentye:
Kontakbesonderhede:
Me. Anja van Huyssteen