Skaak

Wat bied skaak u kind?

  • Die vermoë om te leer, om te dink en vooruit te beplan

  • Versterking van die geheue.

  • Versterking van Wiskundevermoëns.

  • Word gespeel as ‘n gekontroleerde spel in spanverband in ‘n genotvolle atmosfeer.

  • Deelname kan op enige ouderdom begin word en duur tot op enige ouderdom.

  • Kan gespeel word teen 'n opponent van enige ouderdom en/of geslag.

Skaak by Laerskool Menlopark

  • Ons skool is bekend vir die puik skaakprestasies wat ons die afgelope 24 jaar behaal het. Ons spog met verskeie provinsiale en nasionale skaakspelers. Ons was verskeie kere Super 12-wenners, Gauteng-wenners, D4-wenners en ons is gereeld ligawenners. Verlede jaar het ons weer aan die S.A. “Top Schools” in Bloemfontein deelgeneem waar ons as die nasionale wenners uitgetree het.

  • Daar speel tans ± 100 leerders skaak by Laerskool Menlopark.

  • Parkieland se Graad 0-skaakspelers kry ook by die skool afrigting en speel al in die toernooie.

  • Die Grondslagfase kry elke tweede week afrigting in hul klasse by Mnr. Hendrik Hoek.

  • Die ligawedstryde word tydens die tweede kwartaal gespeel. Ons spanne speel skaak teen die top skaakskole van Pretoria en omgewing.

  • Al die skaakspelers word gekies om vir die skool aan ligawedstryde deel te neem tydens die tweede kwartaal, ná deeglike uitspeelwedstryde tydens die eerste, derde en vierde kwartale.

  • Ons skool bied jaarliks die Menlo 30/30-toernooi in die derde kwartaal aan. Dié toernooi is altyd ‘n groot sukses met verskeie trofees en kontantpryse vir die wenners in die verskeie afdelings.

Oefentye

Woensdae          13h30 — 14h30

Uitspeelwedstryde vind in die eerste, derde en vierde kwartale plaas.

 

Afrigters

Ons is bevoorreg om die beste provinsiale en nasionale afrigters by ons skool te hê, wat 'n passie vir skaak het en dit ook aan ons spelers oordra.

Mnr Justen Wilken

076 945 8001

Mnr Hendrik Hoek

082 920 2504

 

Spanbestuurders

o/13A              -           Me M Erasmus

o/13B              -           Me R Klynsmith

o/11A              -           Me S Watts

o/09A              -           Me K de Jager

o/09B              -           Me E van Tonder

 

Groepsafrigting

Tyd

Maandae

Woensdae

12:45 – 13:30

Gr 2 - 3 beginners  (T1)

Gr 1 spelers  (T1)

13:30 – 14:30

Gr 3 - 7 spelers  (Kamer 32)

 

13:30 – 14:30

Gr 4 - 7 gevorderde spelers  (T1)

 

 

Ligabepalings volg later

 

 Kontakpersoon Michelle Erasmus Tel (012)460-7201 Epos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .
Borge

adflugonshort_flueanduvo