Wiskunde

Leerinhoud:

Elke graad het spesifieke kernkennis wat deur die jaar aangeleer moet word. Die vier basiese hoofbewewrkings word in al die grade toegepas, dus is die leer van tafels ‘n noodsaaklikheid. Baie van die inligting wat die vorige jaar aangeleer is, word toegepas in die volgende jaar, net met groter getalle en moeiliker bewerkings.

Leerlinge leer ook spesifieke vaardighede aan om uitkomstes te bereik. Dit is baie belangrik dat leerlinge hul huiswerk getrou en sorgvuldig doen, omdat dit ‘n inoefening van die werk is.

Assessering:

Assessering vind deurlopend plaas. Assessering bestaan uit toetse/ eksamens, assesseringstake met verskillende aktiwiteite, hoofrekene en diagnostiese toetsies. Assesseringstake word in die klas gedoen.  Toetsdatums verskyn op die toetsrooster wat leerder in hul studiegidse plak. Hulle ontvang hul afbakening ‘n week voor die toets. Die afbakening is dan ook op die web beskikbaar.Hulle kan dus vroegtydig begin leer vir toetse. As daar vir toetse geleer word is dit belangrik dat leerders die somme oefen.

Leerlingondersteuningsmateriaal.

Ons werk hoofsaaklik uit die Prac Maths boeke. Gr. 7 het ook elk ‘n handboek ontvang. Werkkaarte word ook bygewerk wat in die skrifte ingeplak word.

Leerlingondersteuning:

Leerlinge wat sukkel met wiskunde kan die heronderrigklasse bywoon wat aangebied word op Maandae en  Woensdae.  Inligting ten opsigte van heronderrig kan by die vakhoof verkry word.

Ons het ook ‘n Wiskundesentrum wat aangebied word deur Tjomme met Somme.  Die nodige inligting kan gekry word onder eenstopdiens – Wiskundesentrum.

Borge

adflugonshort_flueanduvo