Wetenskapwerkswinkels

Ons skool het ‘n sterk funksionele Wetenskapklub wat al vir 10 jaar bestaan.

  • Die wetenskapklub is slegs vir gr. 7-leerlinge. Dit vind plaas op Woensdag middae. Twee sessies word aangebied vanaf 14:00-15:00 en 15:00-16:00.
  • Die doel van die klub is om leerlinge te verryk.
  • Die volgende aktiwiteite word aangebied:
    • Pretmiddae
    • Wetenskapakademie – waar die leerders se laterale denke ontwikkel word.
    • Sprekers besoek die klub met inligtingspraatjies.
    • Chemie-middae word aangebied.
    • Praktiese werk met organe.
    • Veeartse en mediese dokters bespreek onderwerpe
    • Slangvertonings.
    • Aanduitstappies na die dieretuin.
    • Sterre-aande.
    • HOU ALTYD DIE KWARTAALPROGRAM DOP VIR AKTIWITEITE.

WERKSWINKELS:

  • Gr.4 - NW - werkswinkels word aangebied. Dit vind op Vrydaevanaf 13:00-14:30 plaas.
  • Aktiwiteit is verrykend van aard. Vakke soos wiskunde en tegnologie word hierby geintegreer.
  • Daar word kwartaalliks ‘n volledige program aan ouers gegee.
  • Vir meer oor ons Wetenskapklub en –werkwinkels, kontak Me. Isabel Davis by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


Borge

adflugonshort_flueanduvo