|
Kruithoring Kommando Kruithoring Kommando is deel van Laerskool Menlopark sedert 1953. Die Kommando bestaan uit 12 spanne vir seuns en dogters van Gr 1 tot Gr 7, met 145 Voortrekkers wat ons tans die grootste Kommando landswyd uit een skool maak. Ons is ‘n dinamiese kultuurbeweging vir die jeug, gerig deur ‘n Bybels-Christelikelewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God en diens aan volk, land en medemens. In graadverband fokus die spanne op die aanleer van spesialisasies soos Veldkook, Spoorkennis, Ruimtewaarneming, Boeresport, Roeikuns, Weerkennis, Medemens, Gedenkwaardighede, Persoonlike Versorging, Ruiterkuns, Sterrewaarneming, Strandbewustheid, Veldbewustheid en beleef hope pret en avontuur op ons kampe! Amptelike webblad van die kommando: www.kruithoringkommando.co.za.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Byeenkomste Kommando-byeenkomste word geskeduleer op die eerste Woensdag-middag van die maand; of die eerste Woensdag wat volg na ‘n skoolvakansie op die A-veld om 16:30. Vories dra tydens die Kommando-byeenkomste asseblief hul Amptelike drag (blou golfhemde; met die erkenningsbaadjie vir Gr 3-7’s) so ver moontlik. Spanbyeenkomste vind plaas soos gereël met die Spanoffisier.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Inskrywingsvorms Ons Inskrywingsvorms kan verkry word van ons webblad by www.kruithoringkommando.co.za onder Administrasie van die Hoof Kieslys.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Bankbesonderhede Ons bankbesonderhede is as volg: Kruithoring Kommando ABSA Lynnwoodweg Takkode: 334-745 Tjek Rek No. 0540-480-184 Verwysing: Van + Kinders se Voorletters & Graad (Bv. Bekker CC4+CP7)
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Kruithoring Kommando 2012 - Offisiere telefoon en eposadresse
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||