Visie en Missie

  • Vir leerders 'n stimulerende leeromgewing te skep waar Christelike norme en waardes in ag geneem word en wat  gebalanseerde heelbrein potensiaalontwikkeling met selfstandige denke en selfwerksaamheid te verseker.
  • Elke leerder die geleentheid te bied om aan verskeie aktiwiteite deel te neem.
  • Binne die raamwerk van uitkomsgebaseerde onderwys 'n toonaangewende onderrigdiens te lewer deur 'n personeelkorps wat uitnemend hiervoor toegerus is en geesdriftig is oor voortreflike diens, selfbemagtiging, groei en voortgesette ontwikkeling.
  • Hierdie diens te ondersteun deur gespesialiseerde en doelmatige hulpmiddels.
  • Hartlike samewerking tussen die skool en ouergemeenskap te handhaaf deur openhartige wedersydse kommunikasie en die lewering van 'n eenstopdiens tussen Parkieland, die laerskool en die naskoolsentrum.
  • As onderriginstelling 'n diens aan die gemeenskap te lewer deur 'n liggaam tot stand te bring wat nie net opleiding aan ons eie onderwysers verskaf nie, maar ook aan onderwysers van ander skole en instansies.
  • Deur die optimale benutting van bemarkingsgeleenthede doeltreffende en bekostigbare fasiliteite te skep wat die gebalanseerde ontwikkeling van ons leerders op akademiese, kulturele en sportgebied sal moontlik maak;  die veiligheid en geluk van leerders, personeel en ouers op die terrein sal verseker;  en die professionele beeld van die skool sal bevorder.
  • 'n Skooltrots en -tradisie te kweek en bewus uit te leef.
Borge

adflugonshort_flueanduvo