Kinders kry hier die geleentheid om vir pa met ‘n ‘ietsie’ te verras as hulle by die huis kom! Die gr.7-leerders gebruik die dae om fondse in te samel.
Vadersdsag geskied in die tweede kwartaal waarby Mnr. Jaco Hauptfleisch, (Gr. 7M) ook die geleentheid gebruik om ‘n “rugbyraai” te hou. Die Super 15 rugbywedstryd wat gewoonlik op die naweek val word gebruik vir die kompetisie en so staan pa/seun en dogter die kans om groot pryse te wen.
Elke kind is welkom om deel te neem en dit verskaf gewoonlik groot pret en opwinding.
Verkope vind gedurende die week plaas voor die mediasentrum.





