Toelatingsvereistes

Die volgende toelatingsvereistes geld vir voornemende leerders om tot die skool toegelaat te word:

1. Leerders van ouers wat binne die natuurlike geografiese voedingsgebied van die skool woonagtig is, geniet voorkeur by toelating.

2. Voornemende leerders wat reeds broers en/of susters in die skool het.

3. Ander leerders: wie eerste kom, raak eerste geholpe.

4. ‘n Ouer van ‘n leerder wat tans by die skool ingeskryf is, moet skriftelik, voor einde September van die huidige jaar, bevestig of die ouer van plan is om die leerder by Laerskool Menlopark te hou.

5. Die ouer wat van plan is om leerders vir die eerste keer, aan die begin van ‘n gegewe skooljaar, by die skool in te skryf, moet die leerder registreer tussen Augustus en einde September van die jaar wat die skooljaar voorafgaan waarin die leerder toelating soek. (Registrasiefooie sal afgetrek word van die skoolgelde wat in die volgende jaar betaal sal word)

6. ‘n Leerder wat voor einde Junie van die jaar van toelating, ses word, moet tussen Augustus en einde September van die voorafgaande jaar by Laerskool Menlopark registreer.

7. ‘n Leerder wat jonger is as in punt 6 omskryf, kan nie tot graad 1 toegelaat word nie.

8. ‘n Leerder wat sestien jaar of ouer is, en wat nog nooit skoolgegaan het nie, of nie die nodige vordering gemaak het nie, moet aangeraai word om by ‘n volwasse Basiese Onderwys en Opleidingsentrum in te skryf.

9. Enige ouer wat aansoek doen om registrasie en toelating tot die skool moet die skoolhoof voorsien van die volgende dokumentasie:


9.1 ‘n gesertifiseerde afskrif van die amptelike geboortesertifikaat van die kind,


9.2 ‘n gesertifiseerde afskrif van of bewys dat die kind geïmmuniseer is teen polio, masels, tuberkulose, witseerkeel, kaakklem en hepatitis B,


9.3 die kind se oorplasingskaart indien hy of sy tans by ‘n ander skool geregistreer is,


9.4 die kind se mees onlangse vorderingsverslag, indien hy of sy tans by ‘n ander skool geregistreer is.

Leerders wat nie landsburgers van die Republiek van Suid-Afrika is nie se ouers moet in besit wees van ‘n permit vir tydelike of permanente verblyf wat uitgereik is deur die Departement van Binnelandse Sake.


Borge

adflugonshort_flueanduvo