Die skepper van ons skoollied was Dr. O.A. van der Stoep wat aan die personeel verbonde was. Alhoewel die ontstaan van die melodie en woorde spontaan en feitlik gelyktydig plaasgevind het, was dit volgens ‘n sekere patroon en moes dit voldoen aan bepaalde vereistes wat Dr. van der Stoep vir homself neergelê het. Die lied moes slegs een strofe hê; dit moes eenvoudig en singbaar wees vir kinders vanaf graad 1 tot graad 7. Die lied moes dus kort en saaklik, maar met ‘n diep krag van woorde wees. Die inspirasie het gekom terwyl Dr. van der Stoep in 1963 met vakansie in die wildtuin was.
Getrou in werk en wandel
ook aan volk en taal
en met die oog na Bo gerig:
dit is ons ideaal.
In hoof en hart en hand,
in gees en in elke spier.
Wil ons, ons dan ook diensbaar maak
Ons leuse: WEES FIER!





