Skooldrag en Sportdrag

Ouers word versoek om die voorgeskrewe skool- en sportdrag by die skool se amptelike leweransier, Constantia Uitrusters, aan te koop. Dit verseker eenvormigheid en bied ‘n beter beeld vir die skool.  Die leweransier verseker u van absolute kwaliteit wat die skool- en sportklere betref. Nuwe leerlinge kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.

 A.        SKOOLDRAG:  DOGTERS


SOMERSDRAG (eerste en vierde kwartaal)

  1. 1. ROMP: Broekromp of romp in voorgeskrewe geruite materiaal.  Die

broekromp of romp moet nie minder as 10cm bokant die knie wees nie.

  1. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp
  2. SKOENE: Swart standaard skoolskoene met veters of bandjies
  3. KOUSE: Kort, wit sokkies of Parkiekouse
  4. OPSIONEEL:
  • Skoene en kouse is opsioneel
  • Die bottelgroen en wit baadjie is opsioneel en kan op koue dae aangetrek word

WINTERSDRAG (tweede en derde kwartaal)

  1. 1. SWEETPAK: Voorgeskrewe bottelgroen en wit baadjie en bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel
  2. 2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp (langmou of kortmou)
  3. 4. KOUSE: Kort wit kouse of Parkiekouse (Anderskleurige kouse of “secret socks” word nie toegelaat nie). Lang groen “tights”/”sykouse” mag ook gedra word
  4. 5. TRUI: Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui mag onder bottelgroen en wit baadjie gedra word. Mag nie alleen sonder baadjie gedra word nie
  5. 6. SPORTHEMP:              Voorgeskrewe bottelgroen en wit langmouhemp
  1. SKOENE: Oorwegend wit tekkies

FORMELE/VERPLIGTE DRAG VIR LEERDERRAAD 

  1. 1. ROMP: Broekromp of romp in voorgeskrewe geruite materiaal.  Die broekromp of romp moet nie minder as 10 cm bokant die knie wees nie
  2. 4. BAADJIE: Bottelgroen skoolbaadjie met skoolwapen (kan vir spesiale geleenthede by skool teen R50 per geleentheid gehuur word) Hoofleiers se baadjie kry koord om
  3. 5. TRUI: Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui. Somermaande mag leerderraad sonder formele baadjie met das en moulose trui kom. Wintermaande en alle formele optredes altyd met baadjie
  1. HEMP: Wit (kortmou of langmou) toeknoop-skoolhemp
  2. DAS: Bottelgroen das met skoolwapen
  1. SKOENE: Swart standaard skoolskoene met veters of bandjies
  2. KOUSE: Kort wit kouse of Parkiekouse gedurende somer

Lang groen “tights”/”sykouse” - winter

HARE

  • Hare mag nie gekleur of gejel word nie en sonstrepe mag nie ingesit word nie
  • Lang hare moet vasgemaak of gevleg wees
  • Lang kuiwe en los hare langs ore is onaanvaarbaar
  • Korter hare wat oor die hemp se kraag hang, moet vasgemaak word
  • Slegs wit- en bottelgroen linte is toelaatbaar
  • Geen gejelde, uitspattige of vreemde haarstyle nie
  • Knippies en rekkies mag swart, bruin, wit of groen wees.  (Geen versiersels op knippies nie)

NAELS

  • Kort naels
  • Geen naellak word toegelaat nie, ook nie op tone nie.

JUWELE

  • Slegs polshorlosies mag gedra word
  • Geen armbande of kettings word toegelaat nie – slegs mediese kettings en/of bandjies mag gedra word
  • Slegs seëlringe is toelaatbaar
  • Oorringe:  Slegs goue knoppies of standaard goue ringetjies mag gedra word en slegs een per oor in die onderste gaatjie
  • Geen blink lipglans nie

B.         SKOOLDRAG:  SEUNS

SOMERSDRAG (eerste en vierde kwartaal )

  1. BROEK: Voorgeskrewe kakie kortbroek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp
  3. SKOENE: Swart standaard skoolskoene
  4. KOUSE: Lang kakie kniekouse
  5. OPSIONEEL:
  • Skoene en kouse is opsioneel
  • Die bottelgroen en wit baadjie is opsioneel en kan op koue dae aangetrek word

WINTERSDRAG (tweede en derde kwartaal)

  1. 1. SWEETPAK: Voorgeskrewe bottelgroen en wit baadjie en bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel
  2. 2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp (langmou of kortmou). Geen T-hemp onder gholfhemp
  3. 4. KOUSE: Wit- of Parkiekouse (anderskleurige kouse of “secret socks” word nie toegelaat nie)
  4. 5. TRUI: Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui mag onder bottelgroen en wit baadjie gedra word. Mag nie alleen sonder baadjie gedra word nie
  5. 6. SPORTHEMP: Voorgeskrewe bottelgroen en wit langmouhemp
  1. SKOENE: Oorwegend wit tekkies

FORMELE/ VERPLIGTE DRAG VIR LEERDERRAAD

  1. BROEK: Kakie kortbroek – somer

Kakie langbroek met swart gordel - winter

  1. HEMP: Wit (kortmou of langmou) toeknoop-skoolhemp
  2. DAS: Bottelgroen das met skoolwapen 
  1. 4. BAADJIE: Bottelgroen skoolbaadjie met skoolwapen (kan vir spesiale geleenthede  by skool teen R50 per geleentheid gehuur word) Hoofleiers se baadjie kry ‘n koord om
  2. 5. TRUI: Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui. Somermaande mag leerderraad sonder formele baadjie kom met das en moulose trui. Wintermaande en alle formele optredes altyd met baadjie
  1. SKOENE: Swart standaard skoolskoene met veters
  2. KOUSE: Lang kakie kniekouse

HARE

  • Hare word kort gehou
  • Hare raak nie aan kraag en ore nie
  • Geen uitspattige of vreemde style nie
  • Hare mag nie gekleur, gejel en sonstrepe mag nie ingesit word nie

JUWELE

  • Slegs polshorlosies mag gedra word

C.         SPORTDRAG:  DOGTERS

ALGEMEEN

  1. Bottelgroen langmou opwarmingsporthemp met wit insetsel
  2. Wit Menlo sport T-hemp
  3. Voorgeskrewe bottelgroen knielengte kortbroek
  4. Wit Menlo sporthoedjie

Bogenoemde is ook ons amptelike LO-drag.  Wintermaande kan leerlinge met sweetpak tekkies en wit Menlosport T-hemp skool toe kom.  Somermaande mag leerlinge met LO-drag sonder skoene skool toe kom, op die dae wat hul LO het.

SWEETPAK

Bottelgroen en wit baadjie, bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel

SKOENE

Oorwegend wit tekkies tensy sportsoort anders bepaal

EERSTE SPANNE

Eerstespanklere word gedra soos deur sportsoort bepaal.  Die 0/13-netbalspan mag as 2de sportdrag hulle eie rokkie vir die seisoen ontwerp.

ATLETIEK EN LANDLOOP

Atletiekseisoen:                     Eerste en vierde kwartaal

Landloopseisoen:                  Derde kwartaal

AMPTELIKE ATLETIEK- EN LANDLOOPDRAG

  1. 1. BROEK: Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek of bottelgroen lycra broek
  2. 2. ATLETIEKHEMP: Voorgeskrewe wit atletiekhemp met groen en geel oor bors en groen om die nek en moue

HOKKIE

Hokkieseisoen: Tweede en derde kwartaal

AMPTELIKE HOKKIEDRAG

  1. ROMP: Voorgeskrewe bottelgroen romp met lycra broek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Hokkie skoene
  4. KOUSE: Lang gestreepte kniekouse

Mini-hokkie

0/8-dogters

  1. ROMP: Voorgeskrewe bottelgroen romp met lycra broek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel 
  3. SKOENE: Wit tekkies
  4. KOUSE: Lang bottelgroen kniekouse

NETBAL

Netbalseisoen:                       Eerste, tweede en derde kwartaal

AMPTELIKE NETBALDRAG

  1. ROMP: Voorgeskrewe bottelgroen rompie met lycra broek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Wit tekkies
  4. KOUSE: Parkie-kouse

SKAAK

Skaakseisoen: Eerste tot vierde kwartaal

AMPTELIKE SKAAKDRAG

  • Leerlinge dra in die somermaande voorgeskrewe somersdrag met skoolskoene en kouse tydens wedstryde
  • Gedurende die wintermaande word voorgeskrewe wintersdrag met oorwegend wit tekkies tydens wedstryde gedra
  • Tydens gala-aande of prysuitdelings dra leerlinge voorgeskrewe uitgaandrag

SWEM

Swemseisoen: Eerste en vierde kwartaal

AMPTELIKE SWEMDRAG TYDENS GALA’S

  1. 1. SWEMBROEK: Voorgeskrewe swembroek 
  2. 2. SWEMPET: Voorgeskrewe neongroen swempet

Tydens oefeninge mag eie swemdrag (eenstuk) met ‘n swempet gedra word

TENNIS

Tennisseisoen: Eerste en derde kwartaal

AMPTELIKE TENNISDRAG

  1. ROMP: Voorgeskrewe bottelgroen romp met lycra broek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Wit tekkies
  4. KOUSE: Parkie-kouse
  5. HOED: Menlo sporthoedjie

RUITERSPORT

  1. 1. SPRINGDISSIPLINES: Groen Menlo-ruitersporthemp, drie-punt veiligheidshelmet, roomkleurige

broek, voorgeskrewe skoene, groen Menlo-numnah onder saal.

  1. 2. DRESSEER/VERTOONRY/RUITERKUNS: Voorgeskrewe SANESA riglyne.

 

D.         SPORTDRAG:  SEUNS

ALGEMEEN

  1. Bottelgroen langmou opwarmingsporthemp met wit insetsel
  2. Wit Menlo sport T-hemp
  3. Voorgeskrewe bottelgroen knielengte kortbroek
  4. Wit Menlo sporthoedjie

Bogenoemde is ook ons amptelike LO-drag.  Wintermaande kan leerlinge met sweetpak, tekkies en ons Menlosport T-hemp skool toe kom.  Somermaande mag leerlinge met LO-drag sonder skoene skool toe kom, op die dae wat hul LO het.

SWEETPAK

Bottelgroen en wit baadjie, bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel

SKOENE

Oorwegend wit tekkies

EERSTE SPANNE

Eerstespanklere word gedra

ATLETIEK- EN LANDLOOP

Atletiekseisoen:                     Eerste en vierde kwartaal

Landloopseisoen:                  Derde kwartaal

AMPTELIKE ATLETIEK- EN LANDLOOPDRAG

  1. 1. BROEK: Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek of bottelgroen lycra broek
  2. 2. ATLETIEKHEMP: Voorgeskrewe wit atletiekhemp met groen en geel oor bors en groen om die nek en moue

GHOLF

Gholfseisoen:                         Derde en vierde kwartaal

AMPTELIKE GHOLFDRAG

  1. BROEK: Kakie lang- of kortbroek
  1. 2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel 
  1. SKOENE: Gholfskoene
  2. KOUSE: Kort wit kouse
  3. HOEDJIE: Wit Menlo sporthoedjie

HOKKIE

Hokkieseisoen: Tweede en derde kwartaal

AMPTELIKE HOKKIEDRAG

  1. BROEK: Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Hokkie skoene
  4. KOUSE: Gestreepte lang kniekouse 

Mini-hokkie

0/8-seuns

  1. BROEK: Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Wit tekkies
  4. KOUSE: Lang bottelgroen kniekouse

KRIEKET

Krieketseisoen:                      Eerste, derde en vierde kwartaal

AMPTELIKE KRIEKETDRAG

  1. BROEK: Wit langbroek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Wit tekkies
  4. KOUSE: Wit kouse
  5. HOEDJIE: Wit Menlo sporthoedjie

RUGBY

Rugbyseisoen:                       Tweede kwartaal

AMPTELIKE RUGBYDRAG

Eerstespan

  1. RUGBYTRUI: Beskikbaar by skool
  2. BROEK: Swart kortbroek

Ander spanne

  1. RUGBYTRUI: Beskikbaar by skool
  2. BROEK: Swart kortbroek

Bulletjie - rugby

  1. 1. RUGBYTRUI: Beskikbaar by skool
    1. 2. BROEK: Swart kortbroek
    2. 3.

SKAAK

Skaakseisoen: Eerste tot vierde kwartaal

AMPTELIKE SKAAKDRAG

  • Leerlinge dra in die somermaande voorgeskrewe somersdrag met skoolskoene en kouse tydens wedstryde
  • Gedurende die wintermaande word voorgeskrewe wintersdrag met oorwegend wit tekkies tydens wedstryde gedra
  • Tydens gala-aande of prysuitdelings dra leerlinge voorgeskrewe uitgaandrag

SWEM

Swemseisoen: Eerste en vierde kwartaal

AMPTELIKE SWEMDRAG TYDENS GALA’S

  1. 1. SWEMBROEK: Voorgeskrewe swembroek 
  2. 2. SWEMPET: Voorgeskrewe neongroen swempet

Tydens oefeninge mag eie swemdrag (eenstuk) met ‘n swempet gedra word

TENNIS

Tennisseisoen: Eerste en derde kwartaal

AMPTELIKE TENNISDRAG

  1. BROEK: Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek
  2. HEMP: Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel
  3. SKOENE: Wit tekkies
  4. KOUSE: Parkie-kouse
  5. HOED: Menlo sporthoedjie

RUITERSPORT

  1. 1. SPRINGDISSIPLINES: Groen Menlo-ruitersporthemp, drie-punt veiligheidshelmet, roomkleurige

broek, voorgeskrewe skoene, groen Menlo-numnah onder saal.

  1. 2. DRESSEER/VERTOONRY/RUITERKUNS: Voorgeskrewe SANESA riglyne.

E.         KULTUUR

SENIOR KOOR

SEUNS:

  1. BROEK: Kakie,  effekleur langbroek (Huur by skool)
  2. HEMP: Wit, langmou skoolhemp
  3. ONDERBAADJIE: Huur by skool
  4. SKOENE: Swart skoolskoene
  5. KOUSE: Lang kakiekouse

DOGTERS:

  1. 1. ROKKIE: Groen rokkie met skoolwapen (Huur by skool)
  2. 2. HEMP: Wit, langmou skoolhemp
  3. 3. SKOENE: Swart skoolskoene
  4. 4. KOUSE: Bottelgroen “tights” / sykouse

JUNIORKOOR 

DOGTERS – WINTER

  1. HEMP: Wit langmou toeknoop hemp met groen strik
  2. ROMP: Groen skoolromp
  3. KOUSE            : Lang groen skoolkouse
  4. SKOENE: Swart skoolskoene

DOGTERS – SOMER

  1. HEMP: Wit kortmou oopknoop hemp
  2. ROMP: Groen skoolromp
  3. KOUSE            : Lang groen skoolkouse
  4. SKOENE: Swart skoolskoene

SEUNS – WINTER

  1. 1. HEMP: Wit langmou toeknoop hemp 
  2. 2. DAS: Skooldas 
  3. 3. BROEK: Kakie skoolbroek 
  4. 4. KOUSE: Lang kakie skoolkouse 
  5. 5. SKOENE: Swart skoolkouse 

SEUNS – SOMER

  1. 1. HEMP: Wit kortmou toeknoop hemp 
  2. 2. BROEK: Kakie skoolbroek 
  3. 3. KOUSE: Lang kakie skoolkouse 
  4. 4. SKOENE: Swart skoolkouse

F.         ADDISIONELE SPORTDRAG

  1. Alle aankope en drukwerk van T-hemde word gedoen deur Constantia Uitrusters, die skool se offisiële en gekontrakteerde verskaffer.  Indien Constantia Uitrusters die versoek van die hand wys of nie daaraan kan voldoen nie, kan daar van alternatiewe verskaffers gebruik gemaak word.  Spesiale versoeke sal diskresionêr deur die Beheerliggaam oorweeg en goedgekeur word.
  1. Die Beheerliggaam poog om aan elke sport- en kultuurgroep sy eie, goedgekeurde individuele- en verpersoonlikte logo te voorsien vir gebruik op T-hemde en sportsakke.  Die logo sluit die wapen asook ‘n banier in.  Hierdie logos is op versoek by die Bemarkingskantoor beskikbaar.
  1. Indien daar nog nie ‘n verpersoonlikte logo bestaan nie, sal dit op versoek van ‘n betrokke groep ontwerp en goedgekeur word.  Geen ander logo’s mag gebruik word wanneer T-hemde gedruk word nie.

GOEDKEKEURDE RIGLYNE:

  1. KLEURE: Daar is 5 goedgekeurde kleure:  Wit, swart, bottelgroen en

lemmetjiegroen.

  1. STYL: T-hemde of gholfhempies .
  2. LOGO: A6-grootte op die linkerbors.
  3. BANIER: Die goedgekeurde banier van die sportsoort mag op die linkermou of

agter op die hemp, bo in die middel gedruk word.

  1. BORGE: Die logo van die borg kan op die mou (links of regs) of alternatiewelik

agter op die hemp, bo in die middel, gedruk word.

SPORTSAKKE:

  1. Alle aankope en drukwerk van sportsakke word gedoen deur Constantia Uitrusters, die skool se offisiële en gekontrakteerde verskaffer.  Indien Constantia Uitrusters die versoek van die hand wys of nie daaraan kan voldoen nie, kan daar van alternatiewe verskaffers gebruik gemaak word.  Enige reeds vervaardigde sakke wat deur borge geskenk word, of ander spesiale versoeke, sal diskresionêr deur die Beheerliggaam oorweeg en goedgekeur word.
  1. Die Beheerliggaam poog om aan elke sport- en kultuurgroep sy eie, goedgekeurde individuele- en verpersoonlikte logo te voorsien vir gebruik op sportsakke.  Die logo sluit, die wapen asook ‘n banier en die span se inligting in.  Die uitleg en kleuropsies van hierdie logo’s is op versoek by die Bemarkingskantoor beskikbaar.
  1. Indien daar nog nie ‘n verpersoonlikte logo bestaan nie, sal dit op versoek van ‘n betrokke groep ontwerp en goedgekeur word.  Geen ander logo’s mag gebruik word wanneer sportsakke gedruk word nie.

GOEDGEKEURDE RIGLYNE:

  1. SAKKE: Bottelgroen.  Sakke wat buite die riglyn val en wat deur borge geskenk word, kan op voorlegging, diskresionêr deur die Beheerliggaam goedgekeur word.
  1. LOGO: Die logo moet ooreenkomstig die goedgekeurde standaarde en voorbeelde, verkrygbaar vanaf die Bemarkingskantoor, op die sportsakke aangebring word in ‘n minimum grootte van A6 en ‘n maksimum grootte van A4.
  1. BORGE: Die borge se logo word op enige ander kant van die sak aangebring.

G.        ALGEMEEN

  1. Leerlinge dra slegs voorgeskrewe skooldrag en sportdrag. Kwaliteit en eenvormigheid moet te alle tye nagestreef word.
  2. Somersdrag word in die eerste en vierde kwartale en wintersdrag in die tweede en derde kwartale gedra. ‘n Kennisgewing word in nuusbrief geplaas wanneer oorskakeling plaasvind, ± 1 Mei.
  3. Leerlinge se klere moet asb. duidelik gemerk word om die opsporing van verlore kledingstukke te vergemaklik.  Die skool en personeel aanvaar geen verantwoordelikheid ten opsigte van die opsporing van ongemerkte klere nie.  Voorletter en van, van leerder mag in geel onder skoolwapen geborduur word.
  4. Leerlinge gebruik die voorgeskrewe oefendrag tydens sportoefeninge.  Geen amptelike wedstrydklere (wat die eiendom van Laerskool Menlopark is) mag tydens oefeninge gedra word nie.
  5. Eerstespanne mag elke dag hul  eerstespanbaadjie dra.  Eerstespandrag mag eers 2de pouse aangetrek word, tensy spanne vroeër vertrek.
  6. Provinsiale klere mag op die spesifieke dae wat op web en in  nuusbrief verskyn, gedra word.  Geen plakkies word daarby toegelaat nie.  Wanneer leerlinge nie beskik oor ‘n provinsiale broek/romp nie, mag ‘n denim en tekkies saam met die provinsiale T-hemp of baadjie gedra word.
  7. Parkies wat na skool-ure in skooldrag gesien word, bly ‘n vertoonvenster na buite en moet steeds netjies aangetrek wees soos TROTSE PARKIES.  In die publiek geld dieselfde reëls as tydens skoolure.  Let veral op reëls t.o.v. dogters se hare – altyd vas.
  8. Gr. 1 en gr. 7 het elk ‘n spesiale T-hemp wat hulle op spesifieke dae of byeenkomste mag dra.  Reëls vir hare geld wel op die dae ook.
  9. Swemmers moet in die kleedkamers verklee. Geen swemmer word buite die swembadterrein toegelaat met swembroek of swembroek met handdoek nie.
  10. GEEN groen “Dri Mac” mag gedra word nie.
  11. Truie mag alleenlik gedra word saam met wit en groen sweetpak of skoolbaadjie en nie alleen saam met sweetpakbroek nie.  Leerlinge moet WEL met skoolbaadjie skool toe kom. Indien dit na pouse warmer word, mag leerlinge sonder skoolbaadjie wees.
  12. Verjaarsdae mag leerlinge met gewone klere skool toe kom.  Indien dit op ‘n naweek of vakansie val, kan leerlinge besluit op watter dag leerlinge gewone klere wil dra.
  13. Op verjaarsdae, valentynsdae, koordae, meisiesdag, ens., geld haarreëls van skool.  GEEN los hare vir dogters nie.
  14. Leerlinge wat die skool by formele funksies verteenwoordig, bv. viooleksamens, prysuitdelings, ens. word aangemoedig om op te tree in die skool se formele uitgaandrag.  Baadjies en dasse kan teen R50 gehuur word by me. Eloff.

KLEREBANK

Die skool beskik oor ‘n klerebank waar ouers, indien hul dit sou verkies, kinders wat hul skooldrag ontgroei het, kan omruil vir ander kledingstukke. Goeie tweedehandse skooldrag kan ook hier gekoop word.   Ouers wat skenkings van bruikbare skool- of sportdrag wil maak, is welkom om dit ook in bogenoemde tye af te handel.   Navrae by ontvangs.

Navrae:           Me Jenny Smith (ontvangs)                         012  460 7201

URE: Maandag tot Vrydag 07:30 tot 13:30

SKOOLDRAG - LEWERANSIER

Skool- en sportdrag kan by Constantia Uitrusters aangekoop word. Dit verseker eenvormigheid en bied ‘n beter beeld vir die skool.  Die leweransier verseker u van absolute kwaliteit wat die skool- en sportklere betref.  Nuwe leerlinge kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.

Die winkel is geleë in Thomas Edissonstraat.

Tye:  Maandae tot Vrydae:  08:30 – 17:15

        Saterdae                   : 08:30 – 13:00

 

Kontaknommer:  012 460 8132

Borge

adflugonshort_flueanduvo