Rugby is een van Laerskool Menlopark se grootste en belangrikste sportsoorte. Die mans-personeel van die skool doen geweldig baie moeite en sit geweldig baie tyd in om van die skool se rugby ’n sukses te maak. Ons is die kleinste skool in die B-Bond en ding weekliks mee teen skole wat veel groter is as ons. Die uitslae van verlede jaar se spanne spreek egter van passievolle afrigters, wat bereid is om die nodige tyd in te sit, en seuns met hope karakter.
Ons skool neem ook jaarliks aan die Super 12 deel waar ons teen 23 ander skole meeding. Dit is altyd ’n hoogtepunt op die kalender en iets waarna die seuns ontsettend baie uitsien. Die groepwedstryde word vanjaar in Tzaneen gespeel waar ons sal meeding teen Randburg en Kollegepark. Die semi-finale en finale word dan daarna op LC de Villiers in Pretoria gespeel.
Afrigters
o/13 OOPSPANNE - Cobus Cloete, Jaco Botha en Attie Botha
o/11 - Jaco Hauptfleisch
o/10 - Sybrand van Dyk
o/9 - Francois van Biljon
Program
| 21 Februarie | Interne Rugby en Netbaldag |
| 23 Februarie |
Rugbyproewe |
| 27 Februarie | Rugby oefening begin formeel |
| 2 Maart | 1ste span: Louis Leipoldt sewes |
| 8 Maart |
Vriendskaplik vs Theresapark (tuis) |
| 15 Maart |
Vriendskaplik vs Magalieskruin (tuis) |
| 22 Maart | Vriendskaplik vs Curro (B-spanne - tuis) |
| 22 Maart | 1ste span: Verpligte wedstryde by Midstream College |
| 30 Maart | Skole sluit |
| 29 - 31 Maart | o/9 en o/10 rugbytoer te Konka |
| 2 - 4 Apri | o/11 rugbytoer te Konka |
| 9 April | Skole open |
| 13 - 14 April | Super 12 uitspele @ Tzaneen |
| 16 April | o/13 Distrikproewe begin |
| 21 April | Super 12 finale @ LC de Villiers |
|
3 Mei |
Liga vs Swartkop (tuis) |
|
10 Mei |
Liga teen Monumentpark (weg) |
| 17 Mei | Liga vs Elarduspark (tuis) |
| 24 Mei | Liga vs Tygerpoort (weg) |
|
31 Mei |
Liga vs Anton van Wouw (weg) |
| 5 Junie | Liga vs Louis Leipoldt (tuis) |
|
19 Junie |
B-Bond uitspele |
|
26 Junie |
B-Bond finale |
Oefentye
|
Maandae |
o/9 +o/10 |
14:30 – 16:00 |
|
|
o/11 + OOP |
16:00 – 17:30 |
|
Dinsdae |
o/9 + o/10 |
13:30 – 15:00 |
|
|
o/11 + OOP |
15:00 – 17:00 |
|
Woensdae |
o/9 +o/10 |
15:00 – 16:00 |
|
|
o/11 + OOP |
16:00 – 17:00 |
|
Donderdae |
o/9 + o/10 |
13:30 – 15:00 |
|
|
o/11 + OOP |
15:00 – 17:00 |
Registrasie van spelers en mediese dekking
Alle spelers moet by die BBRU geregistreer wees. Registrasie is geldig vir 3 jaar en elke speler ontvang dan ‘n Assupol spelerskaart. Indien ‘n speler nie in 2011 registreer het of die kaart, foto of inligting is verkeerd, moet hy in 2012 registreer.
Die opsies is soos volg:
Opsie A: Slegs registrasie - R18
Opsie B: Mediese dekking* vir seisoen - R 78
Opsie C: Mediese dekking* vir jaar - R125
*Mediese dekking sluit ambulans en opneemkostes in. Voltooi die aansoekvorm en stuur terug na u seun se afrigter voor Vrydag 2 Maart 2012.
Kontakpersoon: Sybrand van Dyk | Epos
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
| Sel 082 893 5995
BULLETJIERUGBY
Laerskool Menlopark bied jaarliks ’n baie suksesvolle Bulletjierugbydag aan vir graad-00/0, graad-1 en graad-2 seuntjies. In 2011 was daar 1941 inskrywings vanaf 19 skole, wat bestaan het uit 223 spanne en word bygewoon deur ongeveer 4500 ondersteuners. ‘n Bedrag van R75,268.00 is in 2011 ingesamel. Baie dankie aan elke ouer, speler en ondersteuner wat hierdie dag moontlik gemaak het.
Die 2012 Bulletjierugbydag is geskeduleer vir Saterdag 26 Mei 2012.
Hierdie dag, sowel as die hele Bulletjierugbykonsep, is ’n ouer- inisiatief wat dan ook beteken dat die organisasie, sowel as die afrigting, deur die ouers gedoen word.
Die doel van die Bulletjierugbydag is tweeledig, te wete om fondse in te vorder vir die skool se rugby, wat insluit die opgradering van velde, betrokkenheid van spesialis afrigters en bevordering van rugby in die algemeen. Tweedens die ontwikkeling van die seuns se “vaardighede” en die kweek van ’n liefde vir die spel.
|
21 Maart |
Menlopark (jaarlikse vriendskaplike wedstryd teen Lynnwood) |
|
14 April |
Anton van Wouw |
|
21 April |
Louis Leipoldt |
|
5 Mei |
Loftus Bulletjiedag |
|
12 Mei |
Menlopark |
|
19 Mei |
Elarduspark |
|
26 Mei |
Menlopark Bulletjiedag |
|
9 Junie |
Moet nog bevestig word. Afsluiting |
Vir verdere navrae, skakel Merlé Maas by 083 445 0421.
Vir meer inligting: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien





