-
Leerders word vanaf Graad 1 blootgestel aan die vaardigheid om te redeneer.
-
Nuusperiodes in die Grondslagfase, is bekend vir terugrapporteer, dink en redeneer.
-
Leerders kry die geleentheid om tydens saalperiodes terugrapportering
oor skoolaktiwiteite te doen.
-
Redenaarswerksessies word intern vir leerders en ouers aangebied, waarna redenaarsuitdunne plaasvind.
-
Gemsbokkie-aande is die spesiale geleenthede waar leerders in graadverband hul redevoering op kompetisiebasis doen.
-
Super 12 –deelname en Radikale Redenaars bied verdere geleentheid tot deelname.
-
Leerders kan vorder tot ATKV-deelname en interskole kompetisies.
-
Redevoering vind ook in Engels plaas, Graad 6- en 7- leerders kry die geleentheid om aan die Abe Bailey-tweetaligheidskompetisie deel te neem.
-
Kontakpersoon: Jeanette Butler Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien





