Parkieland het in Mei 2011 ‘n volle 10 jaar jonk geword! Ten spyte van ons “jong” ouderdom, het Parkieland al hoë hoogtes bereik.
Aan die stuur is Riekie van Eeden en haar span toegewyde onderwyseresse. Parkieland spog met vyf Gr. R klasse en vyf voorbereidende klasse. Toelating tot Parkieland se 3 jarige groep geskied in die jaar wat die kleuter 4 word.
Al ons klasse beskik oor eie fantasie- areas en kleutertoiletjies. Ons kleuters se potensiaal word speel-speel ontgin deur kreatief skeppend besig te wees en ‘n volledig ontwikkelde dagprogram word gevolg.
Die kleuters word ook daagliks gelei tot kreatiewe denke deur middel van probleemoplossings, asook vryspel op ons verskillende goed toegeruste speelareas.

Parkieland beskik oor sy eie Naskool waar seker gemaak word ons kleutertjies is gelukkig en ontwikkeling vind plaas in ‘n gekoesterde omgewing.
Die Gr. R kleuters ontvang weeklikse rekenaarklasse in die Laerskool se Rekenaarsentrum, neem deel aan Liggaamsopvoeding, pretdae, asook die Laerskool se Revue.
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting, of kom ontmoet ons sommer self by Parkieland!
Kom kyk self hoekom is Parkieland pret!
Besoek gerus ons web blad vir meer inligting www.parkieland.co.za





