Ouers word versoek om die voorgeskrewe skool- en sportdrag by die skool se amptelike leweransier, Constantiapark Uitrusters, aan te koop (Lees afdeling H: winkelure). Dit verseker eenvormigheid en bied ‘n beter beeld vir die skool. Die leweransier verseker u van absolute kwaliteit wat die skool- en sportklere betref. Nuwe leerders kry drie weke geleentheid om skooldrag aan te skaf.
A.SKOOLDRAG:DOGTERS
SOMERSDRAG (eerste en vierde kwartaal)
| 1. | ROMP | : | ROMP:Broekromp of romp in voorgeskrewe geruite materiaal. Die broekromp of romp moet nie minder as 10cm bokant die knie wees nie. |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp |
| 3. | SKOENE | : | Swart standaard skoolskoene met veters of bandjies |
| 4. | KOUSE | : | Kort, wit sokkies (geen Parkiekouse nie) |
| 5. | OPSIONEEL | : | Skoene en kouse is opsioneel |
| : |
Die bottelgroen en wit baadjie is opsioneel en kan op koue dae aangetrek word |
WINTERSDRAG (tweede en derde kwartaal)
| 1. | SWEETPAK | : | Voorgeskrewe bottelgroen en wit baadjie en bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp (langmou of kortmou) |
| 3. | SKOENE | : | Oorwegend wit tekkies |
| 4. | KOUSE | : | Kort wit kouse of Parkiekouse (Anderskleurige kouse of “secret socks” word nie toegelaat nie). Lang groen “tights”/”sykouse” mag ook gedra word |
| 5. | TRUI | : | Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulosetrui mag onder bottelgroen en wit baadjie gedra word. Mag nie alleen sonder baadjie gedra word nie |
| 6. |
SPORTHEMP |
: |
Voorgeskrewe bottelgroen en wit langmouhemp |
FORMELE/VERPLIGTE DRAG VIR LEERDERRAAD
| 1. | ROMP | : | Broekromp of romp in voorgeskrewe geruite materiaal. Die broekromp of romp moet nie minder as 10cm bokant die knie wees nie |
| 2. | HEMP | : | Wit (kortmou of langmou) toeknoop-skoolhemp |
| 3. | DAS | : | Bottelgroen das met skoolwapen |
| 4. | BAADJIE | : | Bottelgroen skoolbaadjie met skoolwapen (kan vir spesiale geleenthede by skool teen R50 per geleentheid gehuur word) Hoofleiers se baadjie kry koord om |
| 5. | TRUI | : | Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui. Somermaande mag leerderraad sonder formele baadjie met das en moulose trui kom. Wintermaande en alle formele optredes altyd met baadjie |
| 6. |
SKOENE | : |
Swart standaard skoolskoene met veters of bandjies |
| 7. | KOUSE | : | Kort wit kouse gedurende somer (Nie Parkiekouse nie) Lang groen “tights”/”sykouse” - winter |
HARE
- Hare mag nie gekleur of gejel word nie en sonstrepe mag nie ingesit word nie
- Lang hare moet vasgemaak of gevleg wees
- Lang kuiwe en los hare langs ore is onaanvaarbaar
- Korter hare wat oor die hemp se kraag hang, moet vasgemaak word
- Slegs wit en bottelgroen haarbykomstighede (rekkies, knippies en linte) is toelaatbaar
- Geen gejelde, uitspattige of vreemde haarstyle nie
NAELS
- Kort naels
- Geen naellak word toegelaat nie, ook nie op tone nie.
JUWELE
- Slegs polshorlosies mag gedra word
- Geen armbande of kettings word toegelaat nie – slegs mediese kettings en/of bandjies mag gedra word
- Slegs seëlringe is toelaatbaar
- Oorringe:Slegs goue knoppies of standaard goue ringetjies mag gedra word en slegs een per oor in die onderste gaatjie
- Geen blink lipglans nie
B. SKOOLDRAG:SEUNS
SOMERSDRAG (eerste en vierde kwartaal )
| 1. | BROEK | : | Voorgeskrewe kakie kortbroek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp |
| 3. | SKOENE | : | Swart standaard skoolskoene |
| 4. | KOUSE | : | Lang kakie kniekouse |
| 5. | OPSIONEEL | : | Skoene en kouse is opsioneel |
| : |
Die bottelgroen en wit baadjie is opsioneel en kan op koue dae aangetrek word |
WINTERSDRAG (tweede en derde kwartaal)
| 1. | SWEETPAK | : | Voorgeskrewe bottelgroen en wit baadjie en bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen gholfhemp (langmou of kortmou).Geen T-hemp onder gholfhemp |
| 3. | SKOENE | : | Oorwegend wit tekkies |
| 4. | KOUSE |
: | Wit- of Parkiekouse (anderskleurige kouse of “secret socks” word nie toegelaat nie) |
| 5. | TRUI | : | Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui mag onder bottelgroen en wit baadjie gedra word. Mag nie alleen sonder baadjie gedra word nie |
| 6. | SPORTHEMP | : |
Voorgeskrewe bottelgroen en wit langmouhemp |
FORMELE/ VERPLIGTE DRAG VIR LEERDERRAAD
| 1. | BROEK | : | Kakie kortbroek – somer |
| Kakie langbroek met swart gordel - winter | |||
| 2. | HEMP | : | Wit (kortmou of langmou) toeknoop-skoolhemp |
| 3. | DAS | : | Bottelgroen das met skoolwapen |
| 4. | BAADJIE | : | Bottelgroen skoolbaadjie met skoolwapen (kan vir spesiale geleenthede by skool teenR50 per geleentheid gehuur word) Hoofleiers se baadjie kry ‘n koord om |
| 5. | TRUI | : | Voorgeskrewe bottelgroen langmou of moulose trui. Somermaande mag leerderraad sonder formele baadjie kom met das en moulose trui. Wintermaande en alle formele optredes altyd met baadjie |
| 6. | SKOENE | : |
Swart standaard skoolskoene met veters |
| 7. | KOUSE | Lang kakie kniekouse |
HARE
- Hare word kort gehou
- Hare raak nie aan kraag en ore nie
- Geen uitspattige of vreemde style nie
- Hare mag nie gekleur, gejel en sonstrepe mag nie ingesit word nie
JUWELE
- Slegs polshorlosies mag gedra word
C. SPORTDRAG: DOGTERS
ALGEMEEN
1. Bottelgroen langmou opwarmingsporthemp met wit insetsel
2. Wit Menlo sport T-hemp
3. Voorgeskrewe bottelgroen knielengte kortbroek
4. Wit Menlo sporthoedjie
Bogenoemde is ook ons amptelike KDA-drag. Wintermaande kan leerders met sweetpaktekkies en wit Menlosport T-hemp skool toe kom. Somermaande mag leerders met KDA-drag sonder skoene skool toe kom, op die dae wat hul KDA het.
SWEETPAK
Bottelgroen en wit baadjie, bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel
SKOENE
Oorwegend wit tekkies tensy sportsoort anders bepaal
EERSTE SPANNE
Eerstespanklere word gedra soos deur sportsoort bepaal. Die 0/13-netbalspan mag as 2de sportdrag hulle eie rokkie vir die seisoen ontwerp.
ATLETIEK EN LANDLOOP
Atletiekseisoen: Eerste en vierde kwartaal
Landloopseisoen: Derde kwartaal
AMPTELIKE ATLETIEK- EN LANDLOOPDRAG
| 1. | BROEK | : | Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek of bottelgroen lycra broek |
| 2. | ATLETIEKHEMP | : | Voorgeskrewe wit atletiekhemp met groen en geel oor bors en groen om die nek en moue |
HOKKIE
| Hokkieseisoen | : | Tweede en derde kwartaal |
AMPTELIKE HOKKIEDRAG
| 1. | ROMP |
: | Voorgeskrewe bottelgroen romp met lycra broek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Hokkie skoene |
| 4. | KOUSE |
: | Lang gestreepte kniekouse |
Mini-hokkie
0/8-dogters
| 1. | ROMP |
: | Voorgeskrewe bottelgroen romp met lycra broek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe wit Menlosport T-hemp |
| 3. | SKOENE | : | Wit tekkies |
| 4. | KOUSE |
: | Lang bottelgroen kniekouse |
NETBAL
Netbalseisoen: Eerste, tweede en derde kwartaal
AMPTELIKE NETBALDRAG
| 1. | ROMP |
: | Voorgeskrewe bottelgroen rompie met lycra broek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Wit tekkies |
| 4. | KOUSE |
: | Parkie-kouse |
SKAAK
Skaakseisoen:Eerste tot vierde kwartaal
AMPTELIKE SKAAKDRAG
- Leerders dra in die somermaande voorgeskrewe somersdrag met skoolskoene en kouse tydens wedstryde
- Gedurende die wintermaande word voorgeskrewe wintersdrag met oorwegend wit tekkies tydens wedstryde gedra
- Tydens gala-aande of prysuitdelings dra leerders voorgeskrewe uitgaandrag
SWEM
Swemseisoen:Eerste en vierde kwartaal
AMPTELIKE SWEMDRAG TYDENS GALA’S
| 1. | SWEMBROEK | : | Voorgeskrewe swembroek |
| 2. | SWEMPET | : | Voorgeskrewe neongroen swempet |
Tydens oefeninge mag eie swemdrag (eenstuk) met ‘n swempet gedra word
TENNIS
Tennisseisoen:Eerste en derde kwartaal
AMPTELIKE TENNISDRAG
| 1. | ROMP |
: | Voorgeskrewe bottelgroen romp met lycra broek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Wit tekkies |
| 4. | KOUSE |
: | Parkie-kouse |
| 5. |
HOED | Menlo sporthoedjie |
RUITERSPORT
Tradisionele drag:Swart baadjie met skoolwapen
D.SPORTDRAG: SEUNS
ALGEMEEN
- Bottelgroen langmou opwarmingsporthemp met wit insetsel
- Wit Menlo sport T-hemp
- Voorgeskrewe bottelgroen knielengte kortbroek
- Wit Menlo sporthoedjie
Bogenoemde is ook ons amptelike KDA-drag. Wintermaande kan leerders met sweetpak, tekkies en ons Menlosport T-hemp skool toe kom. Somermaande mag leerders met KDA-drag sonder skoene skool toe kom, op die dae wat hul KDA het.
SWEETPAK
Bottelgroen en wit baadjie, bottelgroen sweetpakbroek met wit en geel insetsel
SKOENE
Oorwegend wit tekkies
EERSTE SPANNE
Eerstespanklere word gedra
ATLETIEK- EN LANDLOOP
Atletiekseisoen:Eerste en vierde kwartaal
Landloopseisoen: Derde kwartaal
AMPTELIKE ATLETIEK- EN LANDLOOPDRAG
| 1. | ROEK |
: | Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek of bottelgroen lycra broek |
| 2. | ATLETIEKHEMP | : | Voorgeskrewe wit atletiekhemp met groen en geel oor bors en groen om die nek en moue |
GHOLF
Gholfseisoen:Derde en vierde kwartaal
AMPTELIKE GHOLFDRAG
| 1. | BROEK |
: | Kakie lang- of kortbroek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Gholfskoene |
| 4. | KOUSE |
: | Kort wit kouse |
| 5. |
HOEDJIE | Wit Menlo sporthoedjie |
HOKKIE
Hokkieseisoen:Tweede en derde kwartaal
AMPTELIKE HOKKIEDRAG
| 1. | BROEK |
: | Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Hokkie skoene |
| 4. | KOUSE |
: | Gestreepte lang kniekouse |
Mini-hokkie
0/8-seuns
| 1. | BROEK |
: | Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe wit Menlosport T-hemp |
| 3. | SKOENE | : | Hokkie skoene |
| 4. | KOUSE |
: | Gestreepte lang kniekouse |
KRIEKET
Krieketseisoen:Eerste, derde en vierde kwartaal
AMPTELIKE KRIEKETDRAG
| 1. | BROEK |
: | Wit langbroek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Wit tekkies |
| 4. | KOUSE |
: | Wit kouse |
| 5. |
HOEDJIE | Wit Menlo sporthoedjie |
RUGBY
Rugbyseisoen:Tweede kwartaal
AMPTELIKE RUGBYDRAG
Eerstespan
| 1. | RUGBYTRUI | : | Beskikbaar by skool |
| 2. | BROEK | : | Swart kortbroek |
Ander spanne
| 1. | RUGBYTRUI | : | Beskikbaar by skool |
| 2. | BROEK | : | Swart kortbroek |
Bulletjie - rugby
| 1. | RUGBYTRUI | : | Beskikbaar by skool |
| 2. | BROEK | : | Swart kortbroek |
SKAAK
Skaakseisoen:Eerste tot vierde kwartaal
AMPTELIKE SKAAKDRAG
- Leerders dra in die somermaande voorgeskrewe somersdrag met skoolskoene en kouse tydens wedstryde
- Gedurende die wintermaande word voorgeskrewe wintersdrag met oorwegend wit tekkies tydens wedstryde gedra
- Tydens gala-aande of prysuitdelings dra leerders voorgeskrewe uitgaandrag
SWEM
Swemseisoen:Eerste en vierde kwartaal
AMPTELIKE SWEMDRAG TYDENS GALA’S
| 1. | SWEMBROEK | : | Voorgeskrewe swembroek |
| 2. | SWEMPET | : | Voorgeskrewe neongroen swempet |
Tydens oefeninge mag eie swemdrag (eenstuk) met ‘n swempet gedra word
TENNIS
Tennisseisoen:Eerste en derde kwartaal
AMPTELIKE TENNISDRAG
| 1. | BROEK |
: | Voorgeskrewe bottelgroen kortbroek |
| 2. | HEMP | : | Voorgeskrewe bottelgroen hemp met wit insetsel |
| 3. | SKOENE | : | Wit tekkies |
| 4. | KOUSE |
: | Parkie-kouse |
| 5. |
HOED | Menlo sporthoedjie |
RUITERSPORT
Tradisionele drag:Swart baadjie met skoolwapen
E.KULTUUR
SENIOR KOOR
SEUNS:
| 1. | BROEK |
: | Kakie, effekleur langbroek (Huur by skool) |
| 2. | HEMP | : | Wit, langmou skoolhemp |
| 3. | ONDERBAADJIE | : | Huur by skool |
| 4. | SKOENE | : | Swart skoolskoene |
| 5. |
KOUSE | Lang kakiekouse |
DOGTERS:
| 1. | BROEK |
: | Groen rokkie met skoolwapen (Huur by skool) |
| 2. | HEMP | : | Wit, langmou skoolhemp |
| 3. | SKOENE | : | Swart skoolskoene |
| 4. | KOUSE | : | Bottelgroen “tights” / sykouse |
JUNIORKOOR
| 1. | BROEK |
: | Swart effekleur langbroek (seuns en dogters – te huur by skool) |
| 2. | HEMP | : | Swart langmou, rondekraag hempie (koop by skool) |
| 3. | ONDERBAADJIE | : | Huur by skool |
| 4. | SKOENE | : | Swart skoolskoene |
| 5. |
KOUSE | Swart kouse |
F.ADDISIONELE SPORTDRAG
| 1. |
Alle aankope en drukwerk van T-hemde word gedoen deur Parkiedrag, die skool se offisiële en gekontrakteerde verskaffer. Indien Parkiedrag die versoek van die hand wys of nie daaraan kan voldoen nie, kan daar van alternatiewe verskaffers gebruik gemaak word. Spesiale versoeke sal diskresionêr deur die Beheerliggaam oorweeg en goedgekeur word. |
|
| 2. | Die Beheerliggaam poog om aan elke sport- en kultuurgroep sy eie, goedgekeurde individuele- en verpersoonlikte logo te voorsien vir gebruik op T-hemde en sportsakke. Die logo sluit die wapen asook ‘n banier in. Hierdie logos is op versoek by die Bemarkingskantoor beskikbaar. |
|
| 3. | Indien daar nog nie ‘n verpersoonlikte logo bestaan nie, sal dit op versoek van ‘n betrokke groep ontwerp en goedgekeur word. Geen ander logo’s mag gebruik word wanneer T-hemde gedruk word nie. |
GOEDKEKEURDE RIGLYNE:
| 1. | KLEURE | : | Daar is 5 goedgekeurde kleure: Wit, swart, bottelgroen en lemmetjiegroen. |
| 2. | STYL | : | T-hemde of gholfhempies . |
| 3. | LOGO | : | A6-grootte op die linkerbors. |
| 4. | BANIER | : | Die goedgekeurde banier van die sportsoort mag op die linkermou of agter op die hemp, bo in die middel gedruk word. |
| 5. |
BORGE | Die logo van die borg kan op die mou (links of regs) of alternatiewelik agter op die hemp, bo in die middel, gedruk word. |
SPORTSAKKE:
| 1. | Alle aankope en drukwerk van sportsakke word gedoen deur Parkiedrag, die skool se offisiële en gekontrakteerde verskaffer. Indien Parkiedrag die versoek van die hand wys of nie daaraan kan voldoen nie, kan daar van alternatiewe verskaffers gebruik gemaak word. Enige reeds vervaardigde sakke wat deur borge geskenk word, of ander spesiale versoeke, sal diskresionêr deur die Beheerliggaam oorweeg en goedgekeur word. |
|
| 2. | Die Beheerliggaam poog om aan elke sport- en kultuurgroep sy eie, goedgekeurde individuele- en verpersoonlikte logo te voorsien vir gebruik op sportsakke. Die logo sluit, die wapen asook ‘n banier en die span se inligting in. Die uitleg en kleuropsies van hierdie logo’s is op versoek by die Bemarkingskantoor beskikbaar. |
|
| 3. | Indien daar nog nie ‘n verpersoonlikte logo bestaan nie, sal dit op versoek van ‘n betrokke groep ontwerp en goedgekeur word. Geen ander logo’s mag gebruik word wanneer sportsakke gedruk word nie. | |
GOEDGEKEURDE RIGLYNE:
| 1. | SAKKE | : | Bottelgroen.Sakke wat buite die riglyn val en wat deur borge geskenk word, kan op voorlegging, diskresionêr deur die Beheerliggaam goed- gekeur word. |
| 2. | LOGO | : | Die logo moet ooreenkomstig die goedgekeurde standaarde en voorbeelde, verkrygbaar vanaf die Bemarkingskantoor, op die sportsakke aangebring word in ‘n minimum grootte van A6 en ‘n maksimum grootte van A4. |
| 3. | BORGE | : | Die borge se logo word op enige ander kant van die sak aangebring |
G. ALGEMEEN
| 1. | Leerders dra slegs voorgeskrewe skooldrag en sportdrag. Kwaliteit en eenvormigheid moet te alle tye nagestreef word. |
|
| 2. | Somersdrag word in die eerste en vierde kwartale en wintersdrag in die tweede en derde kwartale gedra. ‘n Kennisgewing word in nuusbrief geplaas wanneer oorskakeling plaasvind, ± 1 Mei. |
|
| 3. | Leerders se klere moet asb. duidelik gemerk word om die opsporing van verlore kledingstukke te vergemaklik. Die skool en personeel aanvaar geen verantwoordelikheid ten opsigte van die opsporing van ongemerkte klere nie. Voorletter en van, van leerder mag in geel onder skoolwapen geborduur word. |
|
| 4. | Leerders gebruik die voorgeskrewe oefendrag tydens sportoefeninge. Geen amptelike wedstrydklere (wat die eiendom van Laerskool Menlopark is) mag tydens oefeninge gedra word nie. |
|
| 5. | Eerstespanne mag elke dag hul eerstespanbaadjie dra. Eerstespandrag mag eers 2de pouse aangetrek word, tensy spanne vroeër vertrek. |
|
| 6. | Provinsiale klere mag op die spesifieke dae wat op web en in nuusbrief verskyn, gedra word. Geen plakkies word daarby toegelaat nie. Wanneer leerders nie beskik oor ‘n provinsiale broek/romp nie, mag ‘n denim en tekkies saam met die provinsiale T-hemp of baadjie gedra word. |
|
| 7. | Parkies wat na skool-ure in skooldrag gesien word, bly ‘n vertoonvenster na buite en moet steeds netjies aangetrek wees soos TROTSE PARKIES. In die publiek geld dieselfde reëls as tydens skoolure. Let veral op reëls t.o.v. dogters se hare – altyd vas. |
|
| 8. | Gr. 1 en gr. 7 het elk ‘n spesiale T-hemp wat hulle op spesifieke dae of byeenkomste mag dra. Reëls vir hare geld wel op die dae ook. |
|
| 9. | Swemmers moet in die kleedkamersverklee. Geen swemmer word buite die swembadterrein toegelaat met swembroek of swembroek met handdoek nie. |
|
| 10. | GEEN groen “Dri Mac” mag gedra word nie. |
|
| 11. | Truie mag alleenlik gedra word saam met wit en groen sweetpak of skoolbaadjie en nie alleen saam met sweetpakbroek nie. Leerders moet WEL met skoolbaadjie skool toe kom. Indien dit na pouse warmer word, mag leerders sonder skoolbaadjie wees. |
|
| 12. | Verjaarsdae mag leerders met gewone klere skool toe kom. Indien dit op ‘n naweek of vakansie val, kan leerders besluit op watter dag leerders gewone klere wil dra. |
|
| 13. | Op verjaarsdae, valentynsdae, koordae, meisiesdag, ens., geld haarreëls van skool. GEEN los hare vir dogters nie. |
|
| 14 | Leerders wat die skool by formele funksies verteenwoordig, bv. viooleksamens, prysuitdelings, ens. word aangemoedig om op te tree in die skool se formele uitgaandrag. Baadjies en dasse kan teen R50 gehuur word by me. Eloff. | |
KLEREBANK
Die skool beskik oor ‘n klerebank waar ouers, indien hul dit sou verkies, kinders wat hul skooldrag ontgroei het, kan omruil vir ander kledingstukke. Goeie tweedehandse skooldrag kan ook hier gekoop word. Ouers wat skenkings van bruikbare skool- of sportdrag wil maak, is welkom om dit ook in bogenoemde tye af te handel. Navrae by ontvangs.
Navrae: Me Jenny Smith (ontvangs) - 012 460 7201
URE: Maandag tot Vrydag 07:30 tot 13:30
SKOOLDRAG - LEWERANSIER
Skool- en sportdrag kan by Parkiedrag- klerewinkel aangekoop word.
Klerewinkel op skoolterrein is geleë langs die snoepie.
WINKELURE:
Maandae en Woensdae: 07:00 - 09:00
Dinsdae en Donderdae: 12:00 - 14:00
Kontaknommer: 012 346 5387
Enige veranderinge t.o.v. die winkeltye sal d.m.v. die Menlo Weekliks aan ouers gekommunikeer word.





