Leiers

“We can’t all be captains,

We’ve got to be crew;

There is  something for all of us here,

There’s big work to do, and lesser.

If you can’t be the sun, be the star.

It isn’t by size that you win or fall-

Be the best of whatever you are.”

Opvoeding in totaliteit is die optimale ontplooiing van alle moontlikhede.  Leierskapontwikkeling, leieridentifisering en leieraanwending, vorm ‘n kritieke en integrale deel van die opvoedingsprogram van ons leerlinge.

Wat leierskapontwikkeling betref, het Loren B. Mead gesê:  “God roep ons altyd om meer te word as wat ons was.”  Dit is ook ons strewe met leierskapontwikkeling by Laerskool Menlopark, want ons land het nood aan ware leiers, mense wat volgens Theodore Roethke:  “Kan spesialiseer in die onmoontlike.”

Leieridentifisering vind op verskillende terreine en vlakke van die skoollewe plaas, waar leerlingleiers op verskillende vlakke van ontwikkeling aangewend word en blootstelling kry.

Met ons leerlinge in ‘n proses van groei en volwassewording, word veral ook gefokus op leierskapontwikkeling en die aanbied van toerusting wat op verskillende wyses (formeel en informeel) plaasvind.  Hierdie ontwikkeling is gerig op al ons leerlinge.  Toerustingsgeleenthede word aangebied deur bekwame en ervare personeellede, maar daar word ook van kundiges in die gemeenskap gebruik gemaak.  Blootstelling in praktyk, vorm ook ‘n integrale deel van ons skool se leierskapontwikkelings-program.

Borge

adflugonshort_flueanduvo