Hier by Lekkerbly Naskoolsentrum weet ons hoe belangrik dit is vir ‘n kind om te “behoort”. Ons skep ‘n geleentheid in die besige lewe van vandag, waar kinders veilig en belangrik kan voel en ook kan groei. Daar is tyd vir skoolwerk, aktiwiteite, maar die belangrikste van als … ook tyd om kind te wees!
Lekkerbly Naskoolsentrum bied die volgende:
-
‘n Vriendelike en veilige milieu waar kinders in alle opsigte kan groei,
-
Mense wat omgee,
-
Hulp met die voltooiing van tuiswerk,
-
Toegang tot die skool se media- en rekenaarsentrum, dus spaar dit die ouers tyd en moeite om laataand nog op die rekenaar besig te wees met navorsing vir tuiswerk,
-
‘n Bekostigbare snoepwinkel,
-
Siekekamer geriewe,
-
Vakansie-naskool,
-
Dag-tot-dag diens vir noodgevalle,
-
Interaksie met maats,
-
Heerlike middagetes.
Afhaalreëlings:
Ouers moet asseblief u kind self by die Naskoolsentrum kom afhaal. Indien u ander reëlings tref met vervoer vir die middag, stel asseblief die naskoolpersoneel skriftelik (of ten minste per sms) in kennis.
Indien u kind afwesig is of om ‘n ander rede nie die naskool bywoon die middag nie, stel ons asseblief ook in kennis.
Die naskool sluit om 17:30. Indien daar ‘n krisis opduik, skakel ons asseblief by 073 035 3595. Sou dit ‘n gereelde probleem wees, moet ons ongelukkig ‘n boete van R10 per 10 minute hef.
Kontakpersoon:
Irma Pauw
Selfoon nommer: 073 035 3595 OF 083 302 1581
Naskoolfooie:
Registrasiegeld R200 (vorm nie deel van die naskoolfooie nie)
R720 per maand per leerder (x 11 maande) Januarie – November 2012.
Bankbesonderhede:
I Pauw
ABSA
Tjekrekening: 23210610359
Takkode: 632005
Verwysing: Naam en Van van leerder





