Kinders kry hier die geleentheid om vir ma met ‘n ‘ietsie’ te verras as hulle by die huis kom! Die gr.7-leerders gebruik die dae om fondse in te samel.
Daar vind gedurende die week in die tweede kwartaal, moedersdag verkope plaas voor die mediasentrum en word ons kinders die kans gebied om vir ma lekker te bederf.
Dit word aangebied deur Gr. 7S wat verantwoordelik is vir die reëlings van die week.





