Akademie

Laerskool Menlopark het hoogs gekwalifiseerde en gemotiveerde onderwysers wat ‘n passie het vir die holistiese ontwikkeling van elke leerder wat onder hul vlerk besorg word. Ons poog om getalle in klasse laag te hou om sodoende kwaliteit onderrig te verseker. Die akademiese ontwikkeling van elke leerder is die hoogste prioriteit. Ons lê ʼn goeie akademiese grondslag – daarvan getuig ons leerder se prestasies in die Hoërskole.

Ons span streef daarna om...

Elke leerder te lei tot selfstandigheid, doelgerigtheid en verantwoordelikheid, sodat elke kind optimaal kan ontwikkel en so hulle volle potensiaal bereik.

Die hoogste moontlike onderwysstandaarde op ʼn gedifferensieërde basis te verskaf.