Herwinningsinisiatief

Die herwinning by die skool gaan van krag tot krag.  Ons herwin elke Woensdagoggend van 07:00-08:00. Ons het 6 mammas wat ons elke week help wat ons ongelooflik  waardeer, baie dankie.

Ons herwin die volgende items:
• alle plastiek verkieslik mooi skoon uitgespoel  
• blik
• tetrapack
• polistereen
• glas
• foelie
• papier

Ons weeg net die glas en papier waar ons elke kwartaal ‘n graadwenner aanwys. Ons herwin ‘n gemiddeld van 1500kg papier en 500kg glas per week. Ons het in 2011 48,905kg herwin!

ITEM TOTAAL IN KILOGRAM
Glas 13,937
Papier 34,968


Kontak persoon: Me. Elana Wilken

Borge

adflugonshort_flueanduvo