
Vanjaar se fees beloof om te KOOK!
Gemsbokfees en Hazel Food Market bied 'n Smaak- en Musiekfees aan op 17 September. Rugby entoesiaste skop die dag af met 'n "Big Screen" uitsending van Australië vs Ierland terwyl ander hul solank kan verlustig aan die prikkelende smaak sensasies wat Hazel Food Market bied. 'n Rugbyveld vol opwindende speeltoerusting, bied aan kinders van alle ouderdomme jolyt vir die dag. Deurgaans bied jong kunstenaars musiekvermaak. Vanaf 15:00 gee ons oor aan die groot kanonne in die vermaaklikheidsbedryf wie weet hoe om 'n partytjie aan die gang te kry! Die Funky Fossils is weer vanjaar aan die beurt tot 17:00 wanneer die Blou Bulle die WP op die "Big Screen" aanvat. Daarna word die partytjie op nog 'n hoër noot voortgesit met die skreeusnaakse DJ Ossewa en veelsydige Joe F wat voete dansvloer toe gaan dryf tot laatnag!
Sluit aan by "Gemsbokfees 2011" op Facebook en wees verseker dat jy op hoogte bly.
Volg die roete van die skakels hieronder om deel te word van die opwinding wat voorlê......
klik op die prentjes! Klik op die apie van "Ticket Monkey" hieronder om jou kaartjies aanlyn te koop!
Musiekvermaak van vroegmiddag tot laataand......trek julle danskoene aan!
DJ Ossewa..
Joe F..
Funky Fossils..
Kyk na "Oeps Didi"
|
|
Kyk na "Hartklop"
|
|
 Kyk hoe die Funky Fossils die partytjie gaan begin....
|
|
Jong kunstenaars soos Dineke Scholtz en Justin Liebenberg, gaan wys watse talent aan die groei is!
|
|
|
|
Kyk wie is Hazel food Market!
Spaar die moeite om kos te maak en kom verlustig jouself aan die prikkelende smaak sensasies wat Hazel Food Market bied!
Volg "Gemsbokfees 2011" op Facebook om te weet watter dekadente stalletjies beskikbaar gaan wees.
|
RUGBY RUGBY RUGBY RUGBY RUGBY RUGBY RUGBY
Rugbywedstryde vir die dag word op 'n daglig "BIG SCREEN" uitgesaai! Ons skop af om 10:30 met die wêreldbekerwedstryd tussen Australië en Ierland en ons sit vasgenael vanaf 17:00 wanneer die Blou Bulle die WP aanvat!
|
Kinders geniet vanaf 11:00-16:00 gratis 'n rugbyveld vol opwindende speeltoerusting terwyl ouers beter dinge het om te doen.
|
Laser Paintbal : Paintball sonder die OUCH!
Daag mekaar uit met "Laser Paintball" en kyk wie bly laaste staan....of probeer die laser "maize" suksesvol deurmaak!
|
Gaan kyk!
|
|
|
|
|
|
|
YS...........HOUT.........KONKAS...........YS..........HOUT..........KONKAS
|
|
Ys en hout is baie belangrik by enige partytjie daarom sorg ons dat dit, vir alle feesgangers se gerief, te koop beskikbaar sal wees. Daar is dus geen rede vir julle om jul dood te dra nie.
Daar is ook 'n beperkte hoeveelheid konkas te huur. Bespreek joune nou.
|
Koop jou kaartjes aanlyn.
|
Koop kaartjies
|
|
Wat elke feesganger moet weet...
Vanaf 10:00 sal daar drie toegangshekke wees- die voetgangershekkie by 10e Str, die Rooshek en die Snoepiehek. Geen voertuie sal dan meer op die terrein toegelaat word nie.
Alle sorg sal geneem word dat GEEN kind sonder 'n volwassene die terrein mag verlaat nie. Skryf asseblief met 'n permanente pen 'n telefoonnommer op alle klein kindertjies se handjies.
Weens streng brandregulasies mag daar slegs op aangewese plekke vuur gemaak word.
Alle gazebos of sambrele wat voor die lapas en in die middel van die rugbyveld opgeslaan is, moet teen 16:00 afgeslaan wees.
Onthou om eie drinkgoed te bring. Daar sal wel water, koeldrank en ys verkoop word.
Bring julle eie stoele.
Onthou warm klere!