Inskrywings

Akademie

Hoogs gekwalifiseerde & gemotiveerde onderwysers wat ‘n passie het vir die holistiese ontwikkeling van elke leerder.

Silver Lakes Busroete

Dit is vir ons ʼn voorreg om aan te kondig ons het 'n busroete vanaf Silver Lakes.

Sport

Buitemuurse aktiwiteite word gesien as ʼn verlengstuk van die onderrigtaak omdat dit ook deel vorm van die opvoeding.

Kultuur

Kuns-en-Kultuur Integrasie in skole help leerders met die ontwikkeling van motoriese-, taal-, sosiale vaardighede en vindingrykheid.

Parkieland

Parkieland is 'n spogkleuterskool waar elke kind se potensiaal ontgin word! Parkieland werk nou saam met die Laerskool.

Hoekom is ons die beste?

Laerskool Menlopark was nog altyd ‘n toonaangewende skool in die breër onderwyskringe van Suid-Afrika. ‘n Skool wat bekendheid verwerf het veral t.o.v sy histories gebalanseerde suksesverhaal en ‘n skool wat daarin kon slaag om dit volhoubaar te handhaaf sedert 1953. 

Laerskool Menlopark, met sy rustige, ruim, boomryke en plattelandse atmosfeer verwelkom graag kinders en ouers om deel van die Menlopark-familie te word. Parkieland ons spogkleuterskool wat op die Laerskool se terrein geleë is, bedien al meer as 21 jaar lank die kleuters in ons omgewing. Kleuters kan vanaf die jaar waarin hulle 3 jaar oud word by Parkieland inskakel. Parkieland akkommodeer kinders in ‘n 2-3 jarige klassie, Gr RRR asook Gr RR. Van daar af stap die leerders oor na die “Groot Skool” en word deel van die Gr. R tot 7 Parkie-familie. Met ‘n maksimum van 25 leerders per klas (Gr.R -7), soos bepaal volgens die skoolbeleid, word ‘n standvastige grondslag gelê wat leerders voorberei om op alle terreine in die Hoërskool te presteer. Laerskool Menlopark het ‘n uitstekende ligging en is sentraal tussen van die top Hoërskole in Suid-Afrika en slegs ‘n klipgooi vanaf die Universiteit van Pretoria geleë, met vele fasiliteite en dienste tot ons beskikking.

OOR ONS

Waardes

Ons fokus elke 2 maande op 'n spesifieke waarde. Vir ons is liefde, respek, integriteit, verantwoordelikheid, nederigheid en entoesiasme belangrik.

Visie

Tradisionele onderrig met ʼn moderne aanslag.

Hoekom is dit belangrik

Laerskool Menlopark het ‘n trotse geskiedenis as ‘n skool wat Suid-Afrikaners lewer wat werklik hul plek in die samelewing volstaan, wat ʼn verskil maak en hoop bring.

Boodskap van die hoof

Die kort en kragtige skoollied geskryf in 1963 deur Dr. O.A van der Stoep slaag daarin om in een strofe die volle omvang van die doel van onderwys en opvoeding bymekaar te bind – met diensbaarheid as hoogste lewensprestasie. Mag die woorde van ons skoollied die roetekaart daarstel vir ons benadering tot die opvoeding van ons kinders en die vennootskapsverhouding met ons ouergemeenskap. Mag ons in sigbare diensbaarheid teenoor mekaar en binne ons gemeenskap leef.

Die skoolwapen en leuse, “Wees Fier!” lê na aan Laerskool Menlopark se hart. Fier beteken “met regmatige trots vervul, maar nie hoogmoedig!” Kom ons as skool streef daarna om ons diensbaarheid uit te leef in die woorde van ons indrukwekkende leuse: WEES FIER, waar trots deur regmatigheid gedefinieer word met die versekering dat dit nie gepaard sal gaan met hoogmoed nie. Mag hierdie woorde weergalm in die wandelgange van ons skool, maar ook in ons gedagtes en in ons wees.

Met die genade van ons hemelse Vader streef ons daarna dat hierdie skool sy merkwaardige naam in die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap sal behou, maar meer nog; ‘n vlagskipskool, ‘n baken van hoop en ‘n ligtoring sal wees vir onderwys in Afrikaans.

Deo Volente

WEES FIER

Groete

Gerhard Pieterse

PROMOSIEVIDEO

Kyk hoe mooi is ons skool!

Play Video

Inligting

Algemene inligting rondom personeel, skoolure, naskool & meer.

Administrasie

Inligting & benodighede per graad, skoolfonds, Menlo Weekliks en meer.

Skoolfoto's

Individuele, klas, sport, kultuur en akademiese bestellings.

Graad 1 Aansoeke Nou Oop

Kontak ons vandag vir meer inligting